Storiesmous – 24 November 2016

0
207

http://kimaro-sushi.ru/orders/sitemap58.html блендер инструкция по применению En dit is presies wat die sneller was toe ek onlangs ‘n wonderlike werkswinkel oor Afrikaans se teenwoordigheid op Wikipedia bygewoon het. My kompeterende persoonlikheid kan nie aanvaar dat ‘n klomp hierjy kleiner taaltjies vir ons geliefde moedertaal digitale ore aansit nie. Die saak staan so (en ek haal grootliks aan uit prof. Laurette Pretorius van UNISA se inspirerende lesing oor die Afrikaanse Wikipedia): Daar is vandag sowat 7 000 tale wat nog gepraat word. Hiervan word 2 500 as “bedreigde tale” beskou. En alle aanduidings is dat slegs sowat 5% van tale die groot “sprong” oor die digitale kloof sal kan maak en bly voortleef in die nuwe wêreld van digitaal-gedrewe kommunikasie.
Waar kom Wikipedia in? Van die 7 000 tale is slegs 284 aktief op Wikipedia, wat as primêre kennisbron reeds daagliks deur 500 miljoen mense besoek word. Afrikaans, met sy 6,9 miljoen sprekers, is wel teenwoordig tussen die handjievol ander “spelers”. Maar ons speel níe vir die Eerste Span nie. Met 42 000 Afrikaanse Wikipedia-artikels is ons 85ste op die lys. Dat Engels voorloop is te verstane. Maar hoe kan ons toelaat dat Hebreeus (5 miljoen sprekers) met reeds digby 200 000 Wikipedia-stories vir ons pak gee? Om van die Katalane se spannetjie nie eens te praat nie. Hierdie Spaanse provinsie het net 4 miljoen sprekers, maar daar is reeds meer as 500 000 Katalaanse artikels opgelaai.
Wikipedia, eens die stiefkind van die kenniswêreld, die swartskaap van die akademie, het stil-stil gegroei tot ‘n formidabele platform van kennis en kommunikasie. Dit is veel meer as net ‘n aanlyn-ensiklopedie. Wikipedia is die “spilpunt vir veeltalige digitale taalhulpbronne, -tegnologieë en kennisstelsels”. En Wikipedia bied aan Afrikaans ‘n unieke geleentheid om te verhoed dat die taal uit die digitale ruimte verdwyn.
Wat moet jy doen? Begin Afrikaanse artikels vir Wikipedia skryf. Google “Afrikaanse Wikipedia”. Al die inligting is daar. Dis makliker as wat jy dink.