Steyners o.19A-netbalspan wen liga

0
1906
Steyners o.19A-netbalspan wen liga

Die o.19A eerste netbalspan van Hoërskool President Steyn het vanjaar die liga gewen. Hulle is gekroon as die kampioene in die A-afdeling van die Vrystaatse B-liga. Die Steyners het van die begin van die seisoen af gewys hulle kan die liga wen. Hulle het die hele seisoen nie een ligawedstryd verloor nie. Die span het hul halfeindstryd teen Hoërskool Sand du Plessis 34-17 gewen. In die eindstryd was Steyners ook baas. Hulle het Zastron gemaklik gewen met 32-23. Hier is van links, agter: Stefani Truter, Bianca Steyn, Bianca Nagel, Michelle le Roux, Christi Hammond, Diani van Staden en Danielle Doubell; middel: Zandilee Beket, Megan Pillay, en Mariza Dippenaar; en voor: Wilna Pretorius, afrigter.