SR by Motheo Kollege vergader vandag met studente

0
219
Motheo-kollege in Bloemfontein. Foto: Mark Steenbok

Die Studenteraad (SR) by een van die Motheo TVET-kolleges in Bloemfontein sê hulle sal vandag terugvoer aan studente op kampus gee na vergaderings met die bestuur van die universiteit hierdie week.

Die SR-president, Marumo Roekana, sê hulle sal dan besluit op ‘n pad voorentoe en oplossings deurgee aan studente. Dit kom nadat die SR verlede week oor kwessies soos befondsing, infrakstruktuur, uitslae en uitstaande sertifikate begin staak het.

Roekana sê hulle is bekommerd oor uitstaande resultate van verlede jaar se eindeksamen wat nog nie aan studente verskaf is nie. Hy sê die registrasie proses gaan egter al van Maandag voort. – Mark Steenbok

mark@centralmediagroup.co.za