Skuts kom weer bymekaar vir Kampionskappe

0
286
Foto: Die SA Sport en Jag Federasie hou weer hul Nationale Baansport Kampionskap

Die SA Sport en Jag Federasie hou vanaf 11 tot 12 Augustus 2017 sy nasionale baansport kampioenskap te Bloemfontein Skietsentrum, buite Bloemfontein.

Daar word verwag dat meer as 215 skuts van alle ouderdomsgroepe aan die onderskeie kompetisies sal deelneem. Die Vrystaat is die gasheer van die geleentheid en volgens AJ, Kruger, voorsitter, is die Vrystaat gerat vir die intog van lede van dwars oor die land.

“Die Vrystaat se tak van die Federasie is vanjaar 15 jaar oud en as deel van ons vieringe word die aanbieding van ‘die baansport kampioenskap as ‘n hoogtepunt gesien” se Kruger. Hulle het wereldklas fasiliteite in Bloemfontein en spog graag met die nuwe baan wat hul dan ook van gebruik sal maak.

Skuts sal deelneem in .22 Kleingeweer, Haelgeweer, Windbuks Veer en CO2, verskeie handwapens, boogskiet en jaggeweer skiet op 200m en 500 langafstand.

Lede van die publiek is welkom om vanaf Vrydag 11 Aug om 09:00 die verrigtinge by te woon. Toegang is gratis. Verskeie stalletjies is beskikbaar en wegneem etes sal te koop aangebied bied.

Vir meer inligting of enige navrae kontak gerus vir Elke De Witt, Mediabeampte SASJF,
by 083 561 6517

Statement issued

Compiled by: Jeretha Oosthuizen