Skokkende syfers wys Mangaung hoofstad van seksuele misdrywe

0
404

Skokkende syfers wys dat Mangaung die hoofstad van seksuele misdrywe in Suid-Afrika is. Die misdaadsyfers van altesaam nege groot stede in die land is vervat in die verslag, State of Urban Safety in South Africa, wat gister bekend gemaak is.  Dit wys dat die aantal seksuele misdryf-sake in Mangaung landwyd die hoogste is en dat die koers waarteen dit die afgelope dekade gestyg het, hoër is as die gemiddelde nasionale koers. Inbrake by huise landwyd het ook skerp toegeneem, maar Mangaung het steeds die hoogste inbraaksyfers. Die verslag het ‘n analise van misdaad en geweld en die impak daarvan gedoen, asook die vrees wat dit by inwoners inboesem. Die hoogste aantal moorde is in Kaapstad aangeteken en slagoffers van misdaad in Johannesburg, volgens statistieke, staan ‘n groter kans om geroof of gekaap te word. Behalwe vir veediefstal is die grootste persentasie misdaad in stedelike gebiede aangemeld – Cathy Dlodlo