Skenk suurlemoene vir liefdadigheid

0
254
Skenk suurlemoene vir liefdadigheid

Die Vriende van Oranje Selfhelp, ‘n liefdadigheidsorganisasie, is besig met ‘n suurlemoenprojek en vra Rosestad-inwoners wat ‘n suurlemoen- of ‘n lemmetjieboom op hul erf het, om oortollige suurlemoene aan dié organisasie te skenk. Vrywilligers sal self kom pluk indien mense nie kans sien nie. Moenie dat suurlemoene net afval en verlore gaan as dit warm word nie.
Belangstellendes kan ‘n SMS of ‘n WhatsApp met hul adres stuur na 084-443-0727, of Jan de Wet direk skakel by dieselfde nommer.
Die organisasie hoop om die suurlemoene weer teen ‘n bekostigbare pryse van die hand te sit, siende dat suurlemoene tans duurder as lemoene is. Met hierdie hulp wil Die Vriende van Oranje Selfhelp geld insamel vir verdere opgradering van hul huis in Stalsweg en die uitbou van hul kibboets (werkskolonie) naby Tempe-lughawe.