Sewe vas na Bloemfontein moord

0
1632
Photo: Mark Steenbok

Sewe verdagtes, tussen die ouderdomme van 17 en 29 jaar, sal na verwagting môre in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn ná die wrede moord op ‘n 45-jarige man vandeesweek.

Polisiewoordvoerder, Sinah Mpakane, sê die vrou van die vemoorde Whittey Jameson het Maandag om 20:00 van die werk af by hulle huis in Bloemspruit aangekom en op die lyk van haar man afgekom.

Jameson se lyk was vol steekwonde en hy was reeds oorlede volgens Mpakane. Sy sê Jameson se klere, skoene, selfoon, skootrekenaar, en tablet is ook in die proses gesteel.

Mpakane sê die booswigte is Vrydag by Bloemspruit in besit van die gesteelde goedere vasgetrek nadat inligting opgevolg is wat deur die informant bekom is. Die mans is in ‘n skuilplek in Bloemspruit gevind.

Die verdagtes sal na verwagting môre in die hof op klagtes van moord, die besit van gesteelde goedere en gewapende roof verskyn.

-Mark Steenbok