Sewe Damme-bewarea in Bloemfontein word fyngekam

0
1295
Photo: Mark Steenbok

Die polisie en inwoners wat naby die Sewe Damme-bewarea in Bloemfontein woon, asook ander belanghebbendes, kom vandag byeen om dié gebied te fynkam. Dit kom nadat Magteld Smith (50) meer as twee weke gelede in die bewarea, waar stappers en fietsryers in die natuur ontspan, deur ‘n middeljarige man met ‘n mes gesteek, geslaan en gebyt is. Sy het met haar worshonde in die gebied gaan stap. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê hulle gaan deur die gebied stap om betreders wat in die bosse slaap vas te vat.

Booswigte wat in die gebied bly is vermoedelik ook betrokke by ‘n vlaag inbrake by huise. ‘n Polisiehelikopter gaan ook oor die gebied vlieg.

Marope sê nog niemand is weens Smith, wat doof gebore is en in 2008 ‘n kogleêre inplanting gehad het, se aanval in hegtenis geneem nie.

Sy het aan Bloemfontein Courant gesê ‘n middeljarige man, geklee in ‘n geel, groen en rooi gebreide mus, ‘n swart broek en skoene sonder kouse, agter haar gehoor nie. – Christal-Lize Muller