Rower val vrou in haar huis in Fauna met mes aan

0
1634

Die polisie in Bloemfontein soek na ‘n man in sy twintings in verband met ‘n voorval gister waarin ‘n vrou in haar huis in Fauna met ‘n mes gesteek is. Polisiewoordvoerder, Chaka Marope, sê ‘n 57-jarige vrou het omstreeks 14:00 in haar huis ingegaan nadat sy by haar wasgoeddraad agter in die erf besig was. Marope sê die vrou wat alleen was het voetstappe gehoor toe sy in haar kombuis kom. ‘n Rower was reeds in die huis en het haar met ‘n mens gedreig. Marope sê hulle het in ‘n struweling betrokke geraak.

Marope sê die vrou het glo uit selfverdediging die booswig met kookwater gegooi, waarna hy haar met ‘n mes in die gesig gesteek het. Die vrou is na die Pelenomi-hospitaal in Bloemfontein gebring. ‘n Klag van huisbraak word ondersoek.

Marope sê die rower het weggehardloop. ‘n Selfoon,‘n Ipad-tabletrekenaar, ‘n skootrekenaar en klere is gebuit. Hy vra enigiemand met inligting om hul naaste polisiekantoor te bel.

Christal-Lize Muller/Courant News