PUK-student staan vir drukkies te midde van #FeesMustFall

0
368

‘n Eerstejaarstudent aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus wil nie veel uitwei oor sy video nie, ‘n ligpunt te midde van die #FeesMustFall-veldtog, wat uiters gewild onder Facebook-aanhangers is.

‘n Student in bedryfsielkunde, Rynaard de Goede se video waarin hy op die kampus staan en gratis drukkies aan verbygangers uitdeel, glo sy boodskap van liefde spreek vanself.

In dié video staan hy geblinddoek langs ‘n kennisgewing met die woorde: “Kom ons druk, een kampus, een familie, een nasie, #JustLove”.

Die video, wat Vrydag 14 Oktober op YouTube gelaai is, is al bykans 300 000 keer op Facebook gekyk.

De Goede se Facebook-inskrywing by die video lui: “Liefde verdeel nie. Liefde etiketteer nie. Liefde vernietig nie. Liefde ken geen perke nie. Liefde oorwin alles.”

WATCH VIDEO: FREE HUGS AMIDST #FEESMUSTFALL

Christal-Lize Muller