Possies se skaakkampioene

0
635
Willem Postma se Novice-span het tydens die skaakliga eerste geëindig in hul afdeling. Die spelers is van links Germarie van der Merwe, Nathan Ralph, Paul van den Berg, Liam Jordan en Leone Herbst.
Die Junior B-span van Willem Postma het derde in die skaakliga geëindig. Van links is Hendrik Theron, Morné Muller, Ruan Hoffman, Miquel van Wyk, Leonard Kapp en Declan Kapp (bordwenner).
Willem Postma se Junior A-span het eerste geëindig die skaakliga. Van links is Ameli Bezuidenhout (bordwenner), Gerhard Lottering (bordwenner), Pia van Niekerk (bordwenner), JF Human, Janelle Botha en Wian Jordaan.