Polisereservis 25 jaar tronk toe

0
528
‘n Voormalige polisiereservis is vandeesweek in die Bloemfonteinse streekhof 25 jaar tronkstraf opgelê nadat hy sy stiefdogter verkrag en ook sy vrou en stiefseun vir ‘n aantal jare aangerand het.

Polisiewoordvoerder Sinah Mpakane sê die verdagte, wat by die Bayswater en Navalsig polisiekantoor werksaam was, het tussen 2008 en 2015 sy stiefdogter, wat toe 12 jaar oud was, verkrag. Sy sê hy het ook sy vrou en stiefseun aangerand.

Mpakane noem nadat die verdagte se vrou vir die eerste keer ‘n saak teen hom gemaak het die man sy nommer herhaaldelik verander het om arrestasie te ontduik.

Hy is uiteindelik op 8 Desember2016 in Roodepoort opgespoor en inhegtenis geneem.

Mpakane sê die man het vroeër sy borgtog laat vaar en het skuldig op die aanklagte teen hom gepleit.

“Die man het drie jaar tronkstraf vir die aanrandig van sy vrou, 25 jaar tronkstraf vir die verkragting van sy stiefdogter, wat toe twaalf jaar oud was, gekry. Verder het die man agt jaar tronkstraf vir die poging om ‘n seksuele oortreding gekry en nog ‘n verdere 25 jaar vir die verkragting van ‘n 12-jarige slagoffer. Hy het het ook ‘n ekstra vyf jaar, vir seksuele aanrading gekry,” sêMpakane.

Volgens Mpakane is die man ook onbevoeg verklaar om ‘n vuurwapen te besit. Sy sê die man se naam moet ook in die register van seksuele oortreders opgeneem word. Verder mag die man nie met kinders werk nie, en sy vrou moet ‘n voorlegging voor ‘n parool raad doen as die man vir parool wil aansoek doen.

Mpakane sê sy vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Mark Steenbok / Courant News