Planne vir boorgate om waterkrisis in NK, NW en VS aan te spreek

0
839

Die nasionale departement van Water en Sanitasie gaan miljoene rande bestee om bestaande boorgate te diens en nuwes te boor om die waternood in sentraal Suid-Afrika aan te spreek. Die departement het – in antwoord op ‘n geskrewe vraag in parlement – gesê dat meer as R200m vir nuwe boorgate in die Noord-Kaap, Noordwes en Vrystaat oor die volgende drie boekjare begroot is. Altesaam 342 nuwe boorgate gaan gesink word terwyl 211 bestaande boorgate gediens gaan word teen R101.5m in die drie provinsies. Die departement sê tenders vir die projekte in die verskillende provinsies wat in die huidige boekjaar gaan afskop is nog nie deur die departement geadverteer nie, dié vir dienste vir boor-, toeste- en hidrologiese konsultante is reeds uit – Cathy Dlodlo