Plaaslike Judokas word SA kampioene

0
519
SONY DSC

Tydens die afgelope Suid-Afrikaanse Judo Ope Kampioenskap, wat van 26 tot 28 Junie 2016 in Carnival City, Gauteng, plaasgevind het, het twee Judokas van die Jannie Kruger Academy Suid-Afrikaanse kampioene geword in hul onderskeie afdelings: Sensei Jannie Kruger – Meesters afdeling bo 50 jaar, en Isabelle Oertel – Meisies 10 jaar. Dit is Oertel se tweede agtereenvolgende Suid-Afrikaanse goue medalje. Sensei Kruger het ook die Statebond-kampioen van 2016 gewen. Sensei Herman Kruger was die afrigter en bestuurder. Hulle het die Mangaung Metropolitan Judo Association verteenwoordig en daardeur streekskleure verwerf. Hier is Sensei Kruger, 2de Dan, Oertel (Eunice Primêre Skool) en Sensei  Kruger, 1ste Dan.