Oud mynwerkers kry sentrum in Noord-Kaap

0
260

Oud mynwerkers in die Noord-Kaap wat kwalifiseer vir vergoeding van die regering vir siekte of besering aan diens kan eersdag by ‘n provinsiale kantoor aandoen.

Gesondheidsminister Aaron Motsoaledi sê ‘n instap-sentrum vir oud mynwerkers gaan in Kuruman opgemaak word.

Oud-mynwerkers kan hier hulle aansoeke om vergoeding indien en enige ander probleme in verband met die proses kan hier opgelos word.

Soortgelyke sentrums het reeds hulle deur in Mthatha, Oos-Kaap en Carletonville, Gauteng oopgemaak.

Motsoaledi sê teen Junie vanjaar het meer as 10 000 oud-mynwerkers reeds die sentrums besoek.

Hy sê die sentrum in Kuruman gaan na beplaning sy deure voor Maart volgende jaar oopmaak.

Cathy Dlodlo/Courant-nuus