Onderwyser in aanhouding in verband met dwelmhandel

0
330
Photo: sabreakingnews.co.za

Drie mans, waaronder ‘n onderwyser van Tweespruit in die Vrystaat, sal na verwagting Maandag aansoek doen om borgtog nadat hulle aangekeer is vir dwelmhandel. Polisiewoordvoerder, Martin Xuma, sê Daniel Molelle, ‘n plaaslike hoërskoolonderwyser, en sy twee makkers, Mojalefa Mosia en Tshokolo Sekwere, het Maandag in die landdroshof op Excelsior verskyn. Hulle is verlede Vrydag deur die polisie betrap met altesaam 23 Ndanda-pille ter waarde van R1000. Xuma sê die pille weeg 35gram. Dit bevat ‘n mengsel van dwelmmiddels.

Xuma sê gemeenskapslede het inligting aan die polisie verskaf oor mans wat handel met dwelms dryf. Die polisie het ‘n ondersoek begin. Gemeenskapslede is gevra om die polisie te ontbied wanneer hulle die verdagtes gewaar. Hy sê die polisie het vinnig gereageer nadat inligting ontvang is van ‘n wit Ford Bantam-bakkie wat deur Molelle bestuur is en in die Dawiesville-gebied naby Tweespruit opgemerk is. Mosia en Sekwere was ook in die bakkie. Hy sê die polisie het toegeslaan oomblikke nadat die bakkie by ‘n adres in die gebied gestop het.

Hy sê daar is op die pille beslag gelê nadat die bakkie deursoek is. – Christal-Lize Muller