OMS Primêr maak skoonskip op Eskom-ekspo

0
1711
Christelle Hall, Nicolene Claasens, Caitlin Soden, Lara Delport en Bianca du Preez het elk 'n goue medalje verwerf.

Die jaarlikse Eskom-ekspo vir Jong Wetenskaplikes het van 11 – 13 Augustus by die Universiteit van die Vrystaat plaasgevind. Daar het vanjaar 61 meisies van die Primêre Meisieskool Oranje deelgeneem en 36 van hulle het medaljes verower. Oranje het weggestap met die trofee vir die primêre skool wat die meeste goue medaljes verower het, asook die trofee vir die primêre skool wat in totaal die meeste medaljes verower het. Vyf leerders het goud verwerf, 16 leerders het silwer verwerf en 15 leerders het brons verwerf. Christelle Hall, Nicolene Claasens, Caitlin Soden, Lara Delport en Bianca du Preez het elk ‘n goue medalje verwerf.