OG sê oor oudit uitkoms in Sentraal SA

0
247

Vrystaat is een van net twee provinsies wat swakker gevaar het met hulle oudit verslae wat deel uitmaak van Ouditeur-Generaal, Kimi Makwetu, se gekonsolideerde verslag wat vandag in die parlement ter tafel gelê is.

Volgens dié verslag het die Vrystaat en Mpumalanga se oudit verslae die afgelope drie jaar verswak ten spyte van die provinsiale regerings se beloftes om uitdagings soos swak interne beheermaatreëls en ondersoeke na onreëlmatighede aan te spreek.

Makwetu sê die bevindinge van Noordwes provinsiale departemente was wisselvallig met ‘n verbetering die een jaar net om te verswak die volgende jaar.

Hy sê die rede hiervoor is omdat die maatreëls wat ingestel is tydens die vorige boekjaar wat tot ‘n verbetering gelei het, nie volhoubaar was nie.

Die Noord-Kaap het hierteenoor vir die beste oplewing gesorg met ‘n 11% verbetering in oudit bevindinge nadat die provinsie ‘n terugslag verlede jaar ervaar het.

Cathy Dlodlo/Courant-nuus