NWU-eindeksamen vandeesmaand geskryf

0
247
nwu akroniem

Studente aan die Noordwes-Universiteit (NWU) se drie kampusse lê vandeesmaand, soos beplan, hul eindeksamen af. NWU-woordvoerder, Louis Jacobs, sê te midde van die #FeesMustFall-betogings, wat die Mafikeng-kampus en in ‘n mindere mate die Vaaldriehoek-kampus se akademiese aktiwiteite onderbreek, is die eindeksamenrooster op dié twee kampusse met ‘n week aangeskuif. Die eksamen sou aanvanklik op 24 Oktober vir studente op al drie kampusse begin het. Slegs die Pukkampus se studente se eindeksamen begin egter nou op dié datum, terwyl die Mafikeng en die Vaaldriehoek kampusse se eksamen eers op 29 Oktober begin. Jacobs sê die aanvullende-eksamen vir al die NWU-studente is op 25 November.

Dié tweede geleentheid vir studente om hul eksamen af te lê sou aanvanklik op 22 November begin het, maar dit is nou met drie dae uitgestel. Jacobs beklemtoon weer eens dat die NWU-bestuur alles moontlik in die stryd werp om die situasie op die Mafikeng-kampus terug te kry na normaal. Daarmee saam moet ‘n veilige omgewing vir personeel en studente geskep word. – Christal-Lize Muller