NW-regering: “Die DA voel dis hulle plig om ons te kritiseer”

0
261
The Democratic Alliance slammed the North West government for wasting public funds after a tender bid was advertised to build a 6 metre statue of President Jacob Zuma. Photo: Twitter (@Our_DA)

Die regering in Noordwes sê hulle word onregmatig deur die DA aangeval nadat die opposisieparty planne om ‘n standbeeld van President Jacob Zuma op te rig gekritiseer het.

Die Premierskantoor sê dit blyk asof die DA dit sy plig ag om enige regeringsprojekte te verkleineer, ongeag die bydrae wat dit tot maatskaplike eenvormigheid kan lewer.

‘n Tender om die ses-meter hoë bronsbeeld by Groot Marico in die Ngaka Modiri Molema-munisipaliteit op te rig is die afgelope Sondag in koerante geadverteer.

Die Premierskantoor het verder gesê dit is belangrik om te onthou dat een van die Departement van Kuns, Kultuur en Tradisionale Sake in Noordwes se sleutelverantwoordelikhede die bewaring van Suid-Afrika se erfenis en geskiedenis is.

Moeketsi Mogotsi/Courant-nuus