Nuus pas ontvang: VS-onderwys gereed vir moontlike ontwrigtings by skole

0
6192

Die Departement van Onderwys in die Vrystaat is bewus van ‘n boodskap wat op sosiale media versprei word dat sommige Bloemfonteinse skole môre deur betogende studente en ander mense ontwrig gaan word. Woordvoerder, Howard Ndaba, sê die departement beskou dié boodskap as ernstig. Hy sê die departement beskou dié poging, indien dit sou gebeur, as ‘n ernstige kriminele oortreding. Die departement en polisie is op ‘n gereedheidsgrondslag geplaas.

Twee skole in die stad word genoem as moontlike teikens. Dié skole gaan egter môre met normale aktiwiteite voort. – Christal-Lize Muller