NUUS PAS IN: Geliefde Bfn-dokter sterf in Mediclinic Bloemfontein

0
14941
Werner van Pletzen
‘n Bekende Bloemfonteinse dokter is vroeër vanmiddag oorlede nadat hy en sy tienerdogter ernstig in ‘n motorongeluk buite die stad beseer is.

Woordvoerder van die Mediclinic Bloemfontein, Barbara Steenkamp, sê Werner van Pletzen se naaste familie was by sy bed toe hy omstreeks 14:00 gesterf het. Steenkamp sê Van Pletzen se dood is ‘n geweldige verlies, ook vir Mediclinic Bloemfontein, waar hy 15 jaar lank werksaam was.

Courant het vanoggend berig sy dogter, Lara, wat onder meer ‘n longbesering opgedoen het toe hul bakkie op Oujaarsdag naby die Rustfonteindam by Botshabelo op ‘n grondpad gerol het, sterk goed aan in dié hospitaal. Die 16-jarige Lara is intussen van die intensiewesorgeenheid na ‘n gewone saal oorgeplaas.

Van Pletzen se seun, Werner, en ‘n vriend van hom was ook in die bakkie ten tyde van die ongeluk. Hulle is nie ernstig beseer nie. – Karien Jordaan & Christal-Lize Muller