Noue ontkoming vir jong vrou van Bfn

0
4544

Dit kom nadat ‘n 20-jarige vrou vermoedelik in die Universitas-omgewing deur twee booswigte aangeval is terwyl sy gedraf het.

Vrystaat-polisiewoordvoerder, Maselela Langa, sê die twee mans, wat in ‘n silwer Opel Corsa gery het, het die vrou vermoedelik probeer ontvoer. Hulle het haar glo geskop, gekrap en in die motor probeer dwing.

Langa sê die vrou kon egter daarin slaag om weg te hardloop. Dit is onbekend of enigiets gesteel is. Hy sê die vrou het nie ‘n saak by die polisie oopgemaak nie omdat personeel glo nie behulpsaam was toe sy en haar ma ‘n saak wou gaan oopmaak nie.

Langa noem dat hy het egter die vrou se ma gekontak en haar aangemoedig om na die polisiekantoor te gaan om die voorval aan te meld.

Hy vra dat die gemeenskap dadelik enige verdagte aktiwiteite by die polisie aanmeld.

“Op die oomblik kan ons nie sê dat hierdie tipe voorval meer voorkom as voorheen nie. Omdat dit gebeur het, neem ons dit baie ernstig op. Ons wil graag die gemeenskap waarsku – as hulle gaan draf, moet hulle dit nie alleen doen nie.

Moenie jouself in ‘n situasie begewe waar jy alleen draf nie,” sê Langa.

http://laclinica.cr/custom/indian-casino-slots-tips/ Indian casino slots tips -Mark Steenbok