‘n Spieël kan nie jok nie

0
1039
Eerie Surreal Photography By Bobby Becker

As jy en ek voor die spieël staan, sien ons onsself soos ons is. Jy kan niks vir die spieël wegsteek nie. Dit is natuurlik ook so dat ‘n mens nie altyd hou van alles wat jy in die spieël sien nie.
Maar een ding is seker: ‘n spieël kan nie jok nie! Ons kinders en jongmense is eintlik ‘n spieëlbeeld van die samelewing waarin hulle grootword. Desember het ook vir verskillende mense verskillende betekenisse en in die spieël staan een eienskap in Desember uit, naamlik vrede. Vrede met Kerstyd en versoening in die lig van 16 Desember.
Die Griekse woord vir vrede in Gal 5:22 is Eiréne, wat in een asem met liefde en genade genoem word Dit is ook ‘n baie bekende groet in Bybelse tye gewees en dit het so geklink: charis kai Eiréné – Genade en Vrede.
Dit is ‘n vrede wat alle verstand te bowe gaan. Dit is ‘n vrede met God en vrede met mekaar! Is dit nie ook die bekende woorde met Jesus se geboorte nie – “Vrede op aarde en in die mense ‘n welbehae!” Dalk is dit die woorde wat ons weer moet aangryp in ‘n wereld waar mense soms vrede met mekaar en met God verloor het! Kom kyk vandag saam met my in die spieël – wat sien ek en jy?

DS STEPHAN VAN HEERDEN