Minke van kleins af bewus van haar medemens

0
648
Hier kuier sy heerlik saam met van die ouer persone.

Die 3-jarige Minke Steyl is een van Bloemskou se Little Miss Daisy-finaliste vir 2017. Terwyl haar maatjies die afgelope vakansie lekker gespeel het, het Minke inwoners van die Amala-bejaardesorgsentrum se verswakte eenheid besoek en vir die oumas en oupas ‘n paar lekkernye uitgedeel saam met baie drukkies en liefde. Hier kuier sy heerlik saam met van die ouer persone. Belangstellendes wat vir Minke in dié kompetisie wil stem, kan so maak deur Minke Steyl te SMS
by 35959 teen
R3 per SMS.