Matriekuitslae: Vrystaat is tops

0
687

Gelukwensings en lof van oral stroom in vir die Vrystaat wat in 2016 die hoogste matriekslaagsyfer in die land behaal het. Die Vrystaat het stof in die oë van die Wes-Kaap, wat in 2015, die hoogste syfer behaal het geskop. Die Vrystaat se slaagsyfer in 2016 was 88,2% slaagsyfer. Die Wes-Kaap  85,9% behaal gevolg deur Noordwes met 82,5% en die Noord-Kaap met 78,7%. Die Oos-Kaap het die swakste gevaar met ‘n syfer van 59,3%. Limpopo was tweede laaste met ‘n slaagsyfer van 62,5%.

Sowat 50% van leerlinge oor die land heen het toelating tot graad- en diplomastudies ontvang. Die getal leerlinge wat wiskunde geslaag het, het van 49% tot 51% verbeter en die getal leerlinge wat fisiese wetenskap geslaag het, het van 58% tot 62% verbeter.

Adjunk-uitvoerende hoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), Jaco Deacon, sê leerlinge en leerkragte het hul goed van hul taak gekwyt. Hy sê leerlinge ouers en ander familielede het ook ‘n waardevolle bydrae gelewer tot die klas van 2016 se suksesvolle skoolloopbaan wat van gr.R tot gr.12 gestrek het. Hy haal ook sy hoed af vir die departement se harde werk ondanks talle uitdagings.

Dit is goeie nuus dat skole en leerders presteer het ondanks die departement wat op raads- en bestuursvlak “sukkel”. “Die Vrystaat kry duidelik iets reg in die klaskamer”, sê Deacon.

Hy meen die departement kan by ander provinsies in die land kers opsteek oor hoe geld en fondse bestuur moet word.

Die nasionale matriekslaagsyfer was 72,5 teenoor ‘n slaagsyfer van 70,7% in 2015. – Christal-Lize Muller