Martie du Plessis-bergfietswedren op pad

0
754
Pieter Bekker en Lize Marie Kruger (voor), dr. Jacques Redelinghuys (adjunkhoof Martie du Plessis), Jacob Motahung (Bloemsec Guard), Terri von Wiedts (DStv MultiChoice), Werner Coetzee (Dusty Rides), Elshe van der Westhuizen (Itec Bloem) en Janet Olifant (Sportsman's Warehouse) het die bekendstelling van die bergfietswedren op 19 Januarie 2017 bygewoon. FOTO: MARICELLE BOTHA

Die Martie du Plessis-bergfietswedren, in samewerking met Dusty Rides, begin om 06:45 op Saterdag 4 Februarie met inskrywings by die skool se Doepiespark. Die afstande is 14km, 28km, 42km en 56km. Die prysuitdeling is om 11:00. Inskrywings kan vooraf op Vrydag 3 Februarie tussen 17:00 en 19:00 gedoen word of op Saterdag 4 Februarie tussen 05:30 en 06:30 by Doepiespark. Die wedren begin om 06:45. Aanlyn-inskrywings kan gedoen word op Dusty Rides se webtuiste (www.dustyrides.co.za) tot en met vandag (2 Februarie).Inskrywings is ook beskikbaar by alle fietsrywinkels soos Cyclotech, Cycle World, Park Cycle, Enduroplanet, Sportsman’s Warehouse, Kloppers, Totalsports en Captain DoRegos Fichardtpark. Pieter Bekker en Lize Marie Kruger (voor), dr. Jacques Redelinghuys (adjunkhoof Martie du Plessis), Jacob Motahung (Bloemsec Guard), Terri von Wiedts (DStv MultiChoice), Werner Coetzee (Dusty Rides), Elshe van der Westhuizen (Itec Bloem) en Janet Olifant (Sportsman’s Warehouse) het die bekendstelling van die bergfietswedren op 19 Januarie 2017 bygewoon. FOTO: MARICELLE BOTHA