Mangaung-waterkrisis steeds nie opgelos 

0
750
Mangaung se watergehalte is steeds onder verdenking. Die afgelope twee weke het inwoners hul kommer oor die watergehalte in die stad uitgespreek.

Volgens DA-raadslid en waterkenner, Rossouw Botes, is die water troebel. Botes sê ondernemings sukkel, aangesien hulle nie hierdie water in hul winkels kan gebruik nie.

OFM-nuus het voorheen berig die munisipaliteit het in ‘n verklaring gesê die troebel water met ‘n slegte reuk kan die gevolg van ‘n gebarste pyp wees. Botes het egter gesê toetse het aangedui dat hoë vlakke van E.coli en Koliforme-bakterieë, wat in ontlasting voorkom, in die water teenwoordig was. Die E.coli-telling in Soutpan is 130 terwyl dit minder as 1 moet wees. En die Koliforme-bakterietelling is 201 terwyl dit minder as 10 moet wees. Die party het gesê die toetse toon dat water in Soutpan nie veilig vir gebruik is nie. Rossouw sê die DA gee die  munisipaliteit tot môre kans om ‘n oplossing te vind en ‘n antwoord te gee.

Intussen sê die Departement van Gesondheid se woordvoerder, Mondli Mvambi, dat mense voorsorgmaatreëls moet tref om die veiligheid van hul water te verseker.

JOSCA HUMAN  / OFM-nuus