Mangaung-waterbeperkings nie gou opgehef

0
786
splash water

Die streng waterbeperkings vir die Mangaung-metro-munisipaliteit gaan waarskynlik nie gou opgehef word nie.

Ondanks goeie reënneerslae in die Mangaung-omgewing oor Desember en Januarie, het dit nie ‘n noemenswaardige uitwerking op die damvlakke gehad wat die metro van water voorsien nie.

Die jongste syfers toon dat die vlakke by die vier groot damme wat Mangaung van water voorsien, slegs tussen drie en sewe persent gestyg het.

“Inwoners moet water steeds uiters spaarsamig gebruik,” sê DA-raadslid, Rossouw Botes.

Hy sê hoewel almal baie dankbaar is vir die reën wat geval het, is die gemeenskap, in terme van drinkwater, net vier tot vyf persent beter daaraan toe.

Sy persoonlike mening is dat die metro eers kan oorweeg om waterbeperkings op te hef wanneer damvlakke bo 60 persent is. Tans is dié vlakke onder 35 persent.

André Grobler/Courant-nuus