Mangaung se eerste raadsvergadering

0
771

Munsipaliteitsbestuurders regoor die land het net meer as ‘n week oor om ‘n amptelike raadsvergadering vir die nuwe bedeling – na die munisipale verkiesing – te belê. Dit volg nadat Kooperatiewe Regering en Tradisionele Sake Minister Des van Rooyen verlede week gesê by dié eerste amptelike vergadering gaan die speaker van die raad verkies word. Hy sê hierna gaan die speaker die vergadering lei vir die verkiesing van die uitvoerende burgemeester. Mangaung Metro-woordvoerder, Qondile Khedama, sê die eerste amptelike vergadering vir die Mangaung Metro Munisipaliteit is reeds vir volgende week Donderdag geskeduleer. Van die veranderinge wat duidelik gaan wees, is die teenwoordigheid van EFF- raadslede, wat vir die eerste keer tot die munisipale arena toetree en die moontlike terugkeer van die voormalige burgermeester van Mangaung, Pappi Mokoena, nadat die nuwe politieke party – Agency for New Agenda – ‘n setel op dié raad gewen het. – Cathy Dlodlo