Mangaung se drinkwater gereeld getoets veral wanneer reservoirs laag is

0
348
splash water
 Die Mangaung-metro stel inwoners gerus dat die gehalte van drinkwater deurlopend getoets word, veral wanneer reservoirs se watervlakke laag is.

Dit kom nadat gerugte veral op sosiale media die rondte doen dat die metro se drinkwater met E.coli-bakterieë besmet is. Metro-woordvoerder, Qondile Khedama, sê egter die stad se drinkwater is skoon en onlangse watertoetse toon daar is geen E.coli-bakterieë in die water nie.

Dit is ‘n werklikheid dat inwoners paniekerig raak wanneer reservoirs min water bevat. Inwoners is dan bekommerd dat die water met die E-coli-bakterieë besmet is. Hy sê wetenskaplikes en tegnici is juis dan betrokke om te verseker dat vereiste watertoetse gedoen word.

Khedama sê die Departement van Water en Sanitasie in die Vrystaat en Bloemwater, in samewerking met die Mangaung-metro, het onmiddellik watertoetse deur kundiges laat uitvoer ná gerugte van die besmette drinkwater. Geen oormatige vlakke van chloor wat in die water in die reservoirs gebruik nie.

Die onlangse toetse is uitgevoer, ondanks roetine-watertoetse. – Christal-Lize Muller