Madiba-dag: Carel du Toit-skool bring sy kant

0
436
Madiba-dag: Carel du Toit-skool bring sy kant

Leerders van die Carel du Toit Spesiale Skool vir gehoorgestremdes het op Maandag 18 Julie 2016, as hul bydrae tot Mandeladag, die terrein van die Nasionale Hospitaal waar hul skool geleë is, help skoonmaak. Almal het fluks papiere en rommel opgetel en die terrein was gou-gou skoon en netjies.