Maak vinnig heerlike kos (Caprese-brood)

0
321

Caprese-brood
Lewer 2 brode

Bestanddele:
   
2 Italiaanse brode
8 ryp tamaties, in dik skywe gesny
1 groot stuk mozzarellakaas, in dik skywe gesny
  Baie vars basiliekruid
  Sout en varsgemaalde swartpeper

Metode:

  1. Sny die brode in diagonale skywe, maar moenie deursny nie. Pak ’n skyf tamatie, kaas en basielkruid in elke tweede sny brood. Geur met sout en peper.
  2. Draai toe in kleefplastiek en verkoel. Geniet met olyfolie en balsamiese asyn.