Maak gereed vir fees eerste van sy soort

0
270

The Craft Festival, ‘n eerste van sy soort, word op 23 September 2017 by Ramblers-klub in Bloemfontein aangebied.
Die fees, met plaaslike brouers wat alles self brou en distilleer, begin reeds om 12:00 en sal tot en met 22:00 aan die gang wees.
Besoekers aan die fees sal ‘n kans kry om verskeie produkte soos jenewer, bier, rum, whisky en skemerdrankies te proe.
Vir diegene wat lus voel om aan iets te peusel, sal daar heelwat kosstalletjies wees, terwyl plaaslike kunstenaars sal optree om feesgangers te vermaak.
Die fees kan deur die hele gesin bygewoon word en kindervermaak word aangebied van 12:00 tot 17:00.
Kaartjies is beskikbaar by Liquor City in Prellerplein, Iewers Nice in Westdene, 360 Degrees by The Towers-sentrum in Langenhovenpark en Träumerai op die Thakaneng-brug by die UV en kos R60 per persoon. Kinders onder 12 kry gratis toegang.
Kontak gerus vir Marie-Louise Smith by 083-287-8845 of besoek info@craftfestival.co.za vir meer inligting of om besprekings vir 10 of meer persone te maak.

– JERETHA OOSTHUIZEN
jeretha@mahareng.co.za