Ma en haar kind se lyke langs toilet gevind

0
154
 ‘n Pa van ‘n tweejarige dogtertjie sal na verwagting vandag in die landdroshof op Taung in Noordwes verskyn, nadat hy glo sy vriendin en hul kind vermoor het.
Die 28-jarige vrou en haar kind se lyke is langs ‘n toilet in ‘n huis in dié township suid van Vryburg, gevind. Polisiewoordvoerder, Kelebogile Moleko, sê ‘n 30-jarige man het homself Dinsdag aan die polisie oorgegee.

Hy is in hegtenis geneem nadat die polisie hom na ‘n huis vergesel het waar die slagoffers se lyke langs ‘n toilet in ‘n huis in uitbreiding ses gevind is. Hulle is glo Maandag vermoor, sê Moleko.

Volgens haar was daar geen sigbare wonde aan die lyke gewees nie. Daar het egter bloed uit hul neuse gevloei. ‘n Geregtelike nadoodse ondersoek sal die oorsaak van die oorledenes se dood vasstel. Die motief vir die moorde word ondersoek. – Christal-Lize Muller