LUISTER: Gr.1’tjies is nie bang vir skool nie

0
455

Talle gr.1’tjies moes vanoggend hul ouers groet en vir die eerste keer agter die skoolbanke inskuif.

Die sesjarige Jean Meyer is ‘n gr.1’tjie aan Grey-kollege Primêr in Bloemfontein.

Hy het voor dié groot dag aan Courant-nuus gesê hy is nie bang om skool toe te gaan nie, omdat hy ‘n “sterk man” is.

Hy het ook al baie maatjies. Hy gaan skool toe om daar te werk en om goed en slim te word. Hy gaan vir seker ook aan sport deel neem. “My ma sê ek mag net rugby en krieket speel. Dit is die enigste sport wat ek gaan speel.”

Klein Christoff Lintvelt het vanoggend deur die Laerskool Universitas oftewel Tjokkies in Bloemfontein se hekke Hy is opgewonde om sy gr.1-jaar te begin.

Hy gaan speel by die skool en net so bietjie leer. Die bekkige knapie is boonop ook nie bang vir sy gr.1-juffrou nie omdat hy haar ken.

Hy ken sy juffrou al sedert verlede jaar.

Die sesjarige Lianie Möller is opgewonde om haar gr.1-jaar by die Laerskool Oranje Meisies te begin.

Christal-Lize Muller/Courant-nuus