Kovsies Stabilis praat nie namens alle studente wat wil klaar swot nie

0
750

Nie alle studente wat graag hoop om hul studies te voltooi wil hulself vereenselwig met die groep, Kovsie Stabilis, op die Universiteit van die Vrystaat nie.

Volgens sommige studente op kampus is hierdie groep, wat op Facebook begin het as ‘n stem vir diegene wat teen die huidige #FeesMustFall-protesaksies op die UV-kampus gekant is, net besig om verder konflik aan te vuur.

Die groep het vandeesweek gedreig met regstappe teen die UV om te verseker dat studente hul akademiese jaar voltooi.

Hulle wil ook geld terugeis vir diegene wat nie sal kan nie.

Sommige studente, wat ook hoop dat klasse hervat, sê egter die Kovsie Stabilis-lede moet hulself in die betogers se skoene plaas om tot ‘n vergelyking te kom, eerder as om heeltemal teen betogers te wees.

Earl Coetzee/Courant-nuus