Konstruksie van skool in Kuruman hervat

0
554
Photo: Sourced: wisegeek.com

Bouwerk aan ‘n nuwe projek, wat die konstruksie van ‘n skool insluit, in Wrenchville, Kuruman is hervat nadat dit verlede naweek deur ‘n geweldadige protes aksie tot stilstand geruk is.

Lede van die gemeenskap het in opstand gekom en ondermeer ‘n biblioteek afgebrand toe die Gasegonyana munisipaliteit ingevolge ‘n uitsettingsbevel  onwettige plakkers van die munisipale grond wou verwyder.

Kommunikasiebeampte van die munisipaliteit, David Mabudi, sê die grond is geoormerk vir ontwikkeling wat ‘n skool en lae koste behuising insluit.

Hy sê bouwerk aan die projek is hervat en die situasie is weer vreedsaam.

Die nuwe burgemeester, George Masegela, wat net ‘n weke vantevore as burgemeester verkies is, moes inspring om die situasie te beredder.

Hy het met die ontevrede gemeenskapslede  vergader en so verdere konflik afgewer.

Mbudi sê die plakkershutte waarvan meestal onbewoon was, is verwyder en inwoners het onderneem om aan die munisipaliteit se prosesse vir aansoeke om ‘n gedienste erf te bekom, deel te neem.

Cathy Dlodlo/Courant News