Klasse opgeskort op UV-kampusse

0
442

Die akademiese program op die Universiteit van die Vrystaat (UV) se drie kampusse (Bloemfontein, Suid-kampus, Qwaqwa-kampus) is vandag en môre opgeskort. Dit is weens onderbrekings aan die instelling gister deur betrokkenes.

UV-woordvoerder, Lacea Loader, sê die instelling se universiteitbestuur gaan vandag en môre verskeie belanghebbendes betrek. Dit in ‘n poging om ‘n oplossing vir die voortslepende betogings, wat deel vorm van die #FeesMustFall-inisiatief, te vind.

In ‘n verklaring waarsku Loader indien ‘n oplossing nie gevind word nie, kan die UV-kampusse se deure tot verdere kennisgewing gesluit word.  – Christal-Lize Muller