Klaagliedere en liedere van hoop in uitstalling uitgebeeld

0
149
Ragel Bock, afstammeling van Basterkaptein, Dirk Vilander. FOTO: DUTCH-DIASPORA.COM

Klaagliedere van Suid-Afrika se vergete mense, die Khoi, Nama, Griekwas, Koranna en Basters. Dit is wat van Donderdagaand af in Bloemfontein uitgebeeld word wanneer die uitstalling Vêrlander in die Nasionale Museum hiér sy deure open.
Klaagliedere soos dié van ‘n Griekwavrou van Heidedal, “Gebore in Bloemfontein. Gebore in Bloemfontein. Ek het nie ‘n man nie. Ek het ook nie kjinders nie. Ek het nie ‘n werk nie. Nie ‘n werk nie.”
“Soos die Engelse sou sê, these are stories that I can cry to,” beskryf antropoloog, Bart de Graaff, die stories van die onderwerpe in die boek Vêrlander. ‘n Fotoboek, met bygaande verhale oor dié vergete mense van nie net Suid-Afrika nie, maar ook van Namibië, Australië en Indonesië, en hoe die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie en hul nasate dié mense se lewens tot vandag toe raak.
De Graaff het vir twee jaar lank saam met fotograaf Geert Snoeijer deur dié vier lande gereis en foto’s en stories van die afstammelinge van historiese figure versamel. In Suid-Afrika het hulle te doene gekry met afstammelinge van die Korannaleier, Goliath Yzerbek, Griekwa-leier, Adam Kok, en Baster-kaptein, Dirk Vilander, en in Australië met die blonde Australiese inboorlingstam, afstammelinge van Hollandse skipbreukelinge, oor wie die inheemse stamme hulself byna twee honderd jaar gelede ontferm het.
Mariaan Botes, geskiedkundige aan die Nasionale Museum, beskryf die foto’s in die boek, wat van Donderdagaand in die museum uitgestal word, as “soortgelyk aan die skilderye van die ou Hollandse Meesters”.
Botes sê die uitstalling is deel van die museum se poging om uit te reik na voorheen benadeelde gemeenskappe en om hul geskiedenis ook uit te beeld.
So kom die geskiedenis van die Bethanië-gemeenskap, wat hul land aan die Lutherse Kerk moes afstaan, ook onder die vergrootglas. Deel van die uitstalling sluit ook die brief van Yzerbeck aan die destydse koloniale regering in, waarin hy kla oor die manier waarop sy mense van hul land verwyder is.
Volgens De Graaff is dié stukkie van ons geskiedenis veral belangrik aan die hand van die huidige Suid-Afrikaanse klimaat.
“Die plaas van die Koranna was oorspronklik die 20 000 hektaar Brandewynsfontein. Die sendelinge het gekom en dit Bethané genoem, wat in Hebreeus Huis van Ellende beteken,” verduidelik hy die geskidenis van dié Vrystaatse dorpie.
Volgens hom is daar dokumentêre bewyse dat die plaas gedurende die grootste deel van die 19de eeu aan Yzerbek se familie behoort het. Die laaste van sy afstammelinge is in 1925 van die plaas af verdryf, wat beteken hulle is volgens huidige wetgewing geregtig op die grond waarop daar tans ‘n kerk, skool en ‘n dorpie staan.
“Dit is vir ons belangrik om die geskiedenis bekend te stel aan meer mense,” voeg Botes by.
Sy glo projekte soos hierdie dra baie by tot die herstel van almal se waardigheid en om verdraagsaamheid onder mekaar te bevorder. *Snoeijer se foto’s wat vir slegs die tweede keer ter wêreld te sien sal wees, sal tot Februarie uitgestal word.
Die uitstalling open vanaand (24 November) in die Nasionale Museum en verskeie van die geskiedkundige heersers se afstammelinge en familie sal teenwoordig wees. –  http://stilhome.ru/events/sitemap31.html 7 здание каи адрес Earl Coetzee 
http://detektiva.net/report/sitemap74.html hollywood undead believe перевод earl@centralmediagroup.co.za