Jou Vermaaklikheidsdagboek vir die week – 8 September 2016

0
665

8-9 September
Die Bloemskildergroep se jaaruitstalling van kuns vir alle smake en beursies is te sien van 7 – 9 September, 9.30 – 18:00 by Bloemheuwelkerksaal, Haarburgersingel, Westdene. ‘n Gedeelte van alle verkope gaan aan Beudene Dagsorg vir gestremdes. Daar sal ook van die gestremdes se werk te koop wees. Kontak Hermine 082-819-9623 vir meer inligting.
8 September
Gratis inligtingsessies oor kardiovaskulêre siektes word om 10:00 en 18:00 in Mediclinic Bloemfontein op Vlak 6 aangebied. Skakel Cherise Vrey by 051-404-6894 om jou plek te verseker of te reserveer.
8 September
The Bottomless Coffee Band tree op in Aasvoëlklub. Kaartjies kos R120 en is beskikbaar by vultureclubevents@gmail.com of by Lollie, 079-796-7975. Deure open om 18:00.
9 – 11 September
Die jaarlikse streekbyeenkoms van Jehovah se Getuies vind elke dag vanaf 9:30 op die Vrystaat-stadion plaas. Die tema van vanjaar se byeenkoms is “Bly Lojaal aan Jehovah!” en die program sal gelyktydig in Afrikaans, Engels en Suid-Sotho aangebied word. Die program begin elke dag met ‘n musiekspel. Lede van die publiek is welkom en toegang is dus gratis. Daarbenewens word geen kollekte opgeneem nie. Besoek gerus www.jw.org vir verdere inligting, tesame met ‘n volledige byeenkomsprogram.
9 September
Guitar Legends, featuring the music of among others ZZ Top, Jimi Hendrix, Gary Moore, Dire Straits, Van Halen, Pink Floyd and other greats, will be performed by the great Gus and his Rentals at the Aasvoëlklub. Tickets are R80 per person. Book at vultureclubevents@gmail.com or Lollie at 079-796-7975. Doors open at 18:00.
9 September
Die Hoërskool Pres. Steyn bied om 18:00 ‘n Knipmes-aand aan by die Geluksput-rolbalklub. Bring eie drinkgoed en knipmes. Kaartjies kos R200 vir mans en R150 vir vroue. Bespreek by Karen Smith by 084-526-3887.
9 September
Dit is weer tyd vir President Brand Primêre Skool se jaarlikse osbraai. Die dag begin om 14:00 tot 22:00 op die skoolterrein. Die kunstenaars Jay, Leah, Willem Botha en Brendan Peyper sal hier optree. Kaartjies kos R90 per persoon en dit is gratis vir kinders onder 7 jaar. Vir meer inligting of om te bespreek, kontak die skool by 051-422-4941 of 051-422-5910.
10 September
Die jaarlikse Ma-en-kind-dag vind op 10 September by 1SAI Tempe plaas. Ma’s, kom geniet ‘n dag (10:00 – 15:00) vol aktiwiteite saam met jul kinders. Kaartjies kos R180 per ma en R100 per kind, wat ‘n driegangmaal insluit. Kontak Yolandé by 079-496-8445 of Franciska by 051-446-0527 vir kaartjies, vóór 2 September.
10 September
Die NG Gemeente Fichardtkruin, Landmanstraat, Fichardtpark, hou vanaf 8:00 basaar.
10 September
Join the Annique Jubilee with Angelique du Toit as speaker. Angelique is an author and business woman who encourages people to live with greater purpose, passion and productivity. The event is held at Summerwood Country Estate from 8:30 – 13:00. For bookings and enquiries, contact Annemarie Cronjé at 083-331-0733.