Jou Vermaaklikheidsdagboek vir die week – 8 Desember 2016

0
505

8 December
The Emoya Estate Golf Day is happening at the Bloemfontein Golf Club. Tee off time is 11:00. Entry fee is R250 (4-ball), and this includes a halfway house meal, green fees, prize-giving function and a goodie bag. Contact Gert van Rooyen for bookings and enquiries: 082-520-9061 or gert.emoya.pro@gmail.com.
9 Desember
Jeremy Oliver – The Voice-finalis is in die Aasvoëlklub op die planke. Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by vultureclubevents@gmail.com of by Lollie, 079-796-7975. Deure open om 18:00. Kaartjies is ook by Kiki Corner (051-446-5666) Langenhovenpark, Pick n Pay-sentrum. Van die kaartjies is beskikbaar by Tom’s Musiekwinkel (051-430-0665) en 59@Plenty (Gallery on Leviseur – 051-444-1683 of 082-672-6157).
9 Desember
Steve Ashley en Jennifer Jones tree by Innie Skuur op met die Tom Jones and Tina Turner Tribute Show. Kaartjies is R120 en is beskikbaar by Kiki Corner in Langenhovenpark, of bespreek by meerkatkolonie@vodamail.co.za. Navrae: 079-387-3614.
10 Desember
Sonja Herholdt en Tjokker kuier om 12:00 by die Southern Sun Windmill-konferensiesentrum met hul vakansieafskop-program. Die optrede duur 60 minute en is gerig op kleuter- en laerskoolkinders en word tweetalig aangebied. Kaartjies kos R30 per persoon en kan op die dag by die deur gekoop word of vooraf by die Windmill-kontanttoonbank. Vir navrae kontak Windmill-bemarking 051-410-2027 of kyk by www.sonjaherholdt.co.za.
13 Desember
Elvis se seun is by Innie Skuur te sien. Kaartjies kos R100 en is beskikbaar by Kiki Corner in Langenhovenpark, meerkatkolonie@vodamail.co.za of skakel 079-387-3614. Die konsert begin om 19:30.
14 Desember
Adam Tas is in die Aasvoëlklub op die planke. Kaartjies kos R120 en is beskikbaar by vultureclubevents@gmail.com of by Lollie, 079-796-7975. Deure open om 18:00. Kaartjies is ook by Kiki Corner (051-446-5666) Langenhovenpark, Pick n Pay-sentrum. Van die kaartjies is beskikbaar by Tom’s Musiekwinkel (051-430-0665) en 59@Plenty (Gallery on Leviseur – 051-444-1683 of 082-672-6157).
14 Desember
The Best of Simon & Garfunkel deur Marcato is te sien by Innie Skuur. Kaartjies kos R120 en is beskikbaar by Kiki Corner in Langenhovenpark, meerkatkolonie@vodamail.co.za of skakel 079-387-3614. Die konsert begin om 19:30.
16 & 17 Desember
Maak ‘n draai by die Bobbiespark Kuns- en Handwerkmark op die SAPD-sportterrein, Fichardtpark. Toegang is R10. Pensioenarisse en kinders onder 7 jaar kan dit gratis bywoon. Daar word slegs handvervaardigde artikels verkoop.
17 & 18 Desember
Jannie Moolman en Corlea Botha is by Innie Skuur te sien. Kaartjies is beskikbaar by Kiki Corner in Langenhovenpark, meerkatkolonie@vodamail.co.za of skakel 079-387-3614. Die konsert begin om 19:30.
20 December
Copper Clover presents a Pub Quiz Night! Grab your friends to create a team of six people. There will be an entrance fee of R15. The games kick off at 18:00. A cash prize of R1 200 is up for grabs for the winning team.
25 Desember
NG Kerk Waterbron, Bainsvlei, se Kersdiens begin om 08:00 by die kerk op die Vergezochtpad. Bring jou familie en vriende saam. Vir meer inligting bel Santa Pretorius by 051-445-2345.
Elke Sondag
Treintjieritte vir die gesin by Modensopark, Rhynlaan 6, Bayswater, van 14:00 tot 17:00. Navrae: 082-880-8711. Heerlike pannekoek te koop.