Jou Vermaaklikheidsdagboek vir die week – 27 Oktober 2016

0
229

27-28 Oktober
Die teaterproduksie, As drome vlerke kry, word om 20:00 in die André Huguenet-teater opgevoer. Kaartjies kos R140 en is beskikbaar by die Sand du Plessis-kaartjieskantoor.
28 Oktober
Hoërskool Sand du Plessis hou om 17:00 ‘n Potjiekoskompetisie. Tien deelnemers by ‘n tafel maak potjie. ‘n Ekstra pot vir liefdadigheid word gevra, indien moontlik. Potjies word beoordeel, pryse word uitgedeel, asook ‘n trofee vir die beste pot. Lewende boereorkeste maak musiek. Bykosse word saam met pot en wyn voorsien. Beoordeling van potte is om 19:30. Vir meer inligting kontak Suezette Basson by 082-727-0063. Om ‘n tafel vir tien te bespreek kos R1700.
28 October
Have fun at the St James Spring Evening Market at St James Church, corner of Ernst Jansen and Oscar Hoexter Streets in Heuwelsig. From 17:00 to 21:00. Buy Christmas presents, good food and let your children play under supervision. Contact Amanda at 072-658-4481 for stall bookings and enquiries.
28 Oktober
Die NG Gemeente Fauna hou hul jaarlikse Kerkbasaar. Daar sal die gebruiklike kerrie en rys, braaivleis en basaarpoeding wees asook ander stalletjies en musiek. Kom deel in die pret by die kerk in Blesboksingel, Fauna. Kontak ds. Hansie Swart by 083-417-3536 of 051-421-1864 vir verdere besonderhede.
28 Oktober
Die NG Kerk Waterbron hou om 16:00 Kontreifees op die Langenhovenpark Boeremarkterrein. Die skaapkopgilde verkoop gebakte skaapkop teen R100 elk, bedien met noedel- en wortelslaai en ‘n broodrolletjie. Daar is ook afval met stampmielies en ‘n steak- en sosatie-ete teen R70 elk, bedien met slaai en broodrolletjie. Vir enige navrae, kontak Santa by die kerkkantoor tussen 8:00 en 13:00 by 051-445-2345.
28 October
Sean O’Beirne, a world expert on environmental assessment and management, will present a lecture for the U3A on The magic, the mystery and the misery of Mother Russia: insights, perspectives, anecdotes and photos on the remarkable and fascinating Russian Federation. The lecture starts at 10:00 at the Synagogue Hall, Dickie Clarke Street. All are welcome. A R5 donation for tea will be asked.
28 October
Don’t miss the popular Eunice Christmas Market, which takes place at the High School’s hall from 10:00 to 19:00 daily. This is the perfect opportunity to buy unique, handmade Christmas prezzies for your entire family, at affordable prices. The market runs until 5 November.
29 Oktober
CityMed Daghospitaal in samewerking met Kansa hou van 9:00 tot 14:00 ‘n Vroue Kanker-inligtingsoggend by Corporate Boutique Hotel. Die registrasiegeld is R50 en vooraf betaalbaar by Vivienne Pistorius, 084-777-6300 of vivienne@citymed.co.za.
29 Oktober
Timothy Kieswetter, bekende skrywer, Bybel- en seksualiteitskenner, is te sien in die verhoogproduksie, Die Stripshow. Dit is ‘n ontbloting van die volstruis-mentaliteit van die hedendaagse gemeenskap waarin ons lewe. Die gehoor sal ‘n ontmaskering en ontnugtering van seksuele taboes beleef soos nog nooit tevore. Die vertoning begin om 20:00 in die Andrè Huguenet-teater. Kaartjies kos R180. Besprekings kan gedoen word by Pacofs by 051-447-7771. Groepe van 10 of meer kry oudergewoonte lekker afslag en kan Lefra Produksies skakel by 011-815-3000 vir meer inligting.
2 November
Engo Family Care is hosting an information evening for persons interested in becoming a foster care or temporary safe care parent for vulnerable children. It takes place at 26 Van Heerden Avenue, Wilgehof, from 18:00. For more information, contact the Engo office at 051-522-6914.
3 November
The call has gone out to all golfers and those keen to have a go to play in the annual MLS Golf day at Schoeman Park on Thursday, 3 November 2016. The aim of the day is for colleagues to indulge in a friendly competition to raise funds for a worthy cause. This year, Beudene Daycare for the disabled, is the chosen organisation. All teams are welcome, not just those who are affiliated with a business or association. There will be various prizes. Starting time will be 11:00 and the BBS format will be used. Donations are welcome and can be sent to Nadia Koorzen 072-244-2606 or mls.bloemfontein@gmail.com.
3 & 4 November
Die Bloemfonteinse acapella-groep, Bliss, hou ‘n konsert by 59@Plenty by Gallery on Leviseur, Dan Pienaar. Kaartjies kos slegs R30 en is by die deur beskikbaar. Die restaurant sal dié aand oop wees. Die musiekgroepe Take Note en Indomitus tree as gaskunstenaars op.
4 November
Nicholis Louw tree om 19:30 op by Innie Skuur. Bespreek jou plek by meerkatkolonie@vodamail.co.za.
5 November
The Emoya Voetspoor Festival is back! It’s a celebration of cultures and is an all-day event which caters for all ages. For queries, phone the Voetspoor team at 051-436-8471.
4 November
Bloemfontein-mesmakersklub se skou word om 8:30 by Tjokkies-laerskool gehou. Toegang is R20 wat ‘n gratis mes-trekkingskaartjie insluit. Vir meer inligting kontak Hennie Geyer by 083-709-0905 of Eddie Scot by 083-556-8842.
Elke Sondag
Treintjieritte vir die gesin by Modensopark, Rhynlaan 6, Bayswater, van 14:00 tot 17:00. Navrae: 082-880-8711. Heerlike pannekoek te koop.