Jou Vermaaklikheidsdagboek vir die week – 22 September 2016

0
456
Vermaaklikheidsdagboek

21-24 September
‘n Komiese teaterstuk, Familiest(r)eke, is op die planke in die Wynand Mouton-teater om 19:30. Kaartjies kos R40 en is beskikbaar by Computicket.
23 September
Grey College presents its annual fundraising wine auction at 18:00. Buy a table for ten at R5 500. This includes arrival drinks, a three-course meal by The Upper Crust and an entry into a lucky draw. Nadine will be the guest artist. Cash bar and card facilities available. Bookings and enquiries: Lucille, 082-976-7778.
23 September
Die produksie Sy & Satyn met Manuel Escorsio en Belia Lourens is om 18:30 vir 19:00 te sien Mooihawe Aftree-oord se Kuierhoekie. Kaartjies kos R120 per persoon en sluit ‘n Kaas-en-Wyn in. Kaartjies kan bespreek word by Johann by 082-559-9700.
24 September
Die Sentraal Vrystaat Veterane Klub hou vanaf 9:00 sy Bloem-Familie-Trekkerfees by die Ferreira Museum, Speserylaan 16, Kwaggafontein. Toegang kos R35 vir volwassenes, R15 vir kinders en kinders onder 12 jaar kan gratis ingaan.
24 September
Gert Koevert is te sien in Springsteen & I by Innie Skuur. Kaartjies is R100 en is beskikbaar by Kiki Corner of Exclusively Monicas, of bel 079-387-3614.
24 September
The Heritage of Gospel Concert 2016 is held at the Batho Community Hall. It showcases the best in Gospel music on Heritage Day. Buy your ticket for R80 at Computicket.
24 September
Die Ou Presidensie Historiese Vereniging se Historiese Bustoer, Bloemfontein 170, vind plaas. Vertrek per bus van die Oorlogsmuseumterrein om 14:30 vir ‘n toer deur ou Bloemfontein ter herdenking van die 170ste bestaansjaar van Bloemfontein. R80 per persoon. Bespreking noodsaaklik. Skakel Reza Brits, 051-522-4675 of 082-781-7926.
24 September
Die Reik na Herstel Damesoggend vind plaas by Universitas Primêre skool om 9:00 – 12:00. Dit is ‘n heerlike kuier-oggend met uitstallings en ‘n fondsinsameling vir Ditto-projek (om bekostigbare prosteses aan mastektomie-pasiënte te verskaf). Kaartjies kos R100 en is te koop by die skool. Navrae: Hanna-Mari, 082-888-9653.
25 September
Got a vintage motorcycle? Got a suit? Then join the Distinguished Gentleman’s Ride for their annual ride in support of prostate cancer research and suicide prevention programmes. The event starts at 9:00 with an exhibition in Mimosa Mall. Register to participate in this event before 23 September. The Distinguished Gentleman’s Ride, the world’s greatest motorcycling charity event, shines some light on the bikes, fashion and ideals of a bygone era, all for a good cause. For more info on the event, visit the website: www.gentlemansride.com or contact Nicolaas Luwes at 083-316-2655 or drluwes@gmail.com.
30 September
Belinda van Zwijndrecht en Marcia Moon tree op by Innie Skuur. Kaartjies is R10 en is beskikbaar by Kiki Corner of Exclusively Monicas, of bel 079-387-3614.
Elke Sondag
Treintjieritte vir die gesin by Modensopark, Rhynlaan 6, Bayswater, van 14:00 tot 17:00. Navrae: 082-880-8711. Heerlike pannekoek te koop.