Jou Vermaaklikheidsdagboek vir die week – 20 Oktober 2016

0
164

20 Oktober
Die klavierduo, David Nettle en Richard Markham, tree om 19:30 in die Odeion op. Die program sluit in Saint-Saëns: Scherzo, Op. 87; Polonaise, Op. 77, Shostakovich: Concertino, Op. 94, Puccini (verw. N&M): Scenes from Turandot en Ravel (verw. N&M): Introduction & Allegro; Bolero. Kaartjies kos R130 vir volwassenes, R90 vir pensioenarisse, studente en leerders, R70 vir UV-personeel en R50 (groepbespreking van 10+). Kaartjies beskikbaar by Computicket. Neem asseblief kennis dat kaartjies vir pensioenarisse, studente, leerders en UV-personeel slegs by ‘n Computicket-tak (Shoprite Checkers-winkels) en by die deur gekoop kan word, aangesien ‘n geldige kaart of ID getoon moet word om vir bogenoemde afslag te kwalifiseer.
22 Oktober
Die kroning van Mev. Styl Bloemfontein vind plaas in die Sand du Plessis-teater om 19:30. Kaartjies kos R150 en is beskikbaar by Sand du Plessis se kaartjiekantoor.
22 October
Don’t miss the Rio-Bos Carnival at the Sunflower Hall (on the Showgrounds) from 9:00 – 13:00. Book your ticket for a fun-filled carnival with the feathery-masked Annique consultants, and stand a chance to win a make-over worth R1 000. Enquiries: Annemarie Cronjé, 083-331-0733 or cronjea@mymtnmail.co.za
25-26 Oktober
Dowwe Dolla se hart klop vir Bloem – sy kom doen twee vertonings dié maand ten bate van Reach For A Dream. Dit vind plaas om 18:30 vir 19:00 by die Windmill Casino. Kaartjies beloop R150 per persoon en sluit ‘n ligte ete in. Kaartjies is beskikbaar per e-pos by sandra@reachforadream.org.za, of skakel 063-059-6618.
27-28 Oktober
Die teaterproduksie, As drome vlerke kry, word om 20:00 in die André Huguenet-teater opgevoer. Kaartjies kos R140 en is beskikbaar by die Sand du Plessis-kaartjieskantoor.