Jou Vermaaklikheidsdagboek vir die week – 17 November 2016

0
81

17 November
Reach for a Dream is hosting a fundraising Movie Night at The Venue @The Towers at 18:00. The movie that will be showing is We Bought a Zoo. Pledge a R100 and come and enjoy the funfilled evening. The whole family is welcome. Snacks and wine are included. For more information, send an email to yolanda@reachforadream.org.za or sandra@reachforadream.org.za.
17 November
Die departement Afrikaans-Nederlands-Duits-Frans, die departement Filosofie van die Universiteit van die Vrystaat, Human & Rousseau en Naln stel om 18:30 John Miles se nuwe roman, Op ’n dag, ’n hond by Naln, h/v Elizabeth- en President Brandstraat, bekend. Die filosoof en skrywer, Johann Rossouw, en die skrywer, Francois Smith, sal met Miles oor sy roman gesels. Ligte verversings en ’n glas wyn sal ook verskaf word. Bevestig jou bywoning by Clare Williams by rsvp@nb.co.za of 021 406 3477.
17 November
Die Odeion Skool vir Musiek het vroeër vanjaar ‘n Barokensemble in die lewe geroep. Hul eerste konsert, getiteld Bach kannie wag, vind om 19:30 in die voorportaal van die Odeion plaas. Kaartjies kos R50 per persoon en is by Computicket of by die deur beskikbaar.
17 November
NG Kerk Waterbron in Bainsvlei hou sy jaarlikse gholfdag van 11:00 tot 13:00 by die Bloemfontein-gholfklub. Inskrywings by die gholfklub vind vanaf 11:00 plaas. Die dag is ‘n BBS-formaat en kos R250 per deelnemer. Daar is baie goeie vleispryse te wen. Vir meer inligting bel Gustav Claassens by 082-339-9835.
18 November
Die vaardigheidsklasse van Martie du Plessis-skool se winkeltjie, Hartsgoedjies en hul restaurantjie maak Vrydag tussen 8:00 en 12:00 hul deure vir die publiek oop. Enigiemand is welkom om te kom ondersteun. Oulike geskenke vir Kersfees is te koop. Die leerders het self die produkte gemaak of verpak en sal ook die kelners wees by die restaurant net buite Hartsgoedjies. Verdere vaardighede wat in die klasse ingeoefen word, sal uitgestal en gedemonstreer word. Gaan loer gerus in.
18 November
BON Hotel Bloemfontein Central will be hosting their annual charity Golf Day at Schoeman Park Golf Club. Tee-off is from 11:00 and the format for play is 4 x ball better ball Stableford with a Scramble Drive. All proceeds will to go Child Welfare, Towers of Hope and Guide Dogs SA. Get involved – Play for R275, sponsor a hole for R925 or donate a prize. Call 051-403-8000 or send an email to Pieter van Rooyen at gm@bhbloemfonteincentral.co.za or Charlene Badenhorst sales@bhbloemfonteincentral.co.za.
18 & 19 November
The Odeion School of Music and Alumni Voices present the concert Stella Natalis (by Karl Jenkins) with conductor Leona Geldenhuys, the Alumni Voices Chamber Choir, instrumentalists, the BLISS and NOTE vocal ensembles and soloists Teresa de Wit (mezzo-soprano), Albertus Engelbrecht (tenor) and Paul Loeb van Zuilenburg (trumpet). The concert is being held in the Odeion on the campus of the University of the Free State. Tickets are R120 at Computicket.
18-20 November
Die Suid-Afrikaanse Bonsai Association (Saba) AGM bied sy Bonsai Kai-kongres die naweek van Vrydag tot Sondag in Bloemfontein aan. Registreer so gou moontlik. Koste beloop soos volg: Vrydag: Saba Algemene jaarvergadering en aandete: R130. Saterdag: dagprogram en middagete: R360. Aandete: R230. Sondag: “Dig” en piekniek-middagete: R130. Stuur asb. bewys van betaling aan maria@astratravel.co.za so gou moontlik omdat daar voorsiening gemaak moet word vir die etes.
19 November
Die musiekblyspel Grease is om 20:00 hier op die planke. Kaartjies kos R60 by Madeliefie op die hoek van Kellnerstraat en Dan Pienaarrylaan, Madeliefie by The Park-winkelsentrum in Langenhovenpark of by dr. Steyn se praktyk, Koos van der Waltstraat 95, Unversitasrif.
19 November
Manie Jackson tree op by die NG Hugenoot Gemeente in Normandielaan, Bayswater, vanaf 10:00. Kaartjies kos R70. Vir meer inligting, bel die kerkkantoor by 051-436-2659.
20 November
Die NG Kerk Hugenoot, Normandielaan, Bayswater, hou om 9:00 sy jaarlikse Kerssangdiens onder leiding van Chris Crouse en Heinrich Lategan. Almal is welkom.
24 November
Monique performs at Innie Skuur at R100 per person. Book you space by sending an email to meerkatkolonie@vodamail.co.za.
30 November
Blomtrein is op die planke te sien by Innie Skuur. Blomtrein bestaan uit Jan Blohm en Neil Nachtrein. Blomtrein bied akoestiese rock-vertonings aan wat eg in Jan Blohm-styl is, maar ook uniek en besonders is deur die toevoeging van Neil Nachtrein. Kaartjies is beskikbaar by Kiki Corner in Langenhovenpark, of skakel 079-387-3614.
Elke Sondag
Treintjieritte vir die gesin by Modensopark, Rhynlaan 6, Bayswater, van 14:00 tot 17:00. Navrae: 082-880-8711. Heerlike pannekoek te koop.