John Miles stel roman in Bloem bekend

0
168
Die skrywer John Miles stel roman in Bloem bekend

Die Departement Afrikaans-Nederlands-Duits-Frans, die Departement Filosofie van die Universiteit van die Vrystaat, Human & Rousseau en Naln stel vandag
(17 November) om 18:30 die bekroonde skrywer, John Miles, se nuwe roman, Op ‘n dag, ‘n hond by Naln, h/v Elizabeth- en President Brandstraat, bekend. Die filosoof en skrywer, Johann Rossouw, en die skrywer, Francois Smith, sal met Miles oor sy roman gesels. Ligte verversings en ‘n glas wyn sal ook verskaf word. Navrae kan gerig word aan Clare Williams by 021-406-3477.9780798174329-opndag_ruff5