Inwoners spring in om parkies te vernuwe

0
155
Klein Zandré Koekemoer (4) van Bloemfontein speel heerlik in 'n munisipale speelpark in Universitasrif wat 'n nuwe baadjie gekry het, nadat inwoners die verwaarloosde park self opgeknap het.

Klein Zandré Koekemoer (4) van Bloemfontein speel heerlik in ‘n munisipale speelpark in Universitasrif wat ‘n nuwe baadjie gekry het, nadat inwoners die verwaarloosde park self opgeknap het. Herman Lombaard, wat oorkant die park in Niel van Loggerenbergstraat woon, het aan die begin van die jaar die leiding geneem. Sy tuinwerker, Victor Kotsedi, het speelapparate in die park geverf met prettige kleurskakerings. Inwoners het verf geskenk. Vullisdromme is opgerig. ‘n Veiliger swaai vir jong kinders is aangebring. Sekere inwoners het tuine met inheemse plante gevestig. Dit word weekliks onderhou. Lombaard sê inwoners is besorg oor die welstand van geriewe in woonbuurte wat agteruit gaan weens gebrekkige instandhouding deur die munisipaliteit. Westdene-inwoners het ook ‘n paar jaar gelede ‘n speelpark opgeknap. Lombaard sê dit is goed om te sien kinders speel weer buite en geniet die park. ‘n Netjiese speelpark lok jong gesinne na ‘n buurt. Volgens hom is die gemeenskapsinisiatief ‘n deurlopende projek. Kotsedi verwyder weekliks rommel in die vullisdromme. Bloemfontein Courant het verlede week berig oor die Mangaung-metro wat in die proses is om sy 154 parke op te gradeer.  FOTO: CHRISTAL-LIZE MULLER