Internasionale kinderpornografie-saak in Vrystaatse Hooggeregshof uitgestel

0
589
Photo: Moeketsi Mogotsi

Die saak teen ‘n 42-jarige man van Sasolburg wat teregstaan op 935 aanklagte van die besit van kinderpornografie en seksuele aanranding is tot Maandag uitgestel. Die man het vroeër in die Vrystaatse Hooggeregshof skuld beken op al die aanklagte van kinderpornografie en seksuele aanranding, maar het skuld ontken op aanklagte van verkragting. Hy het Woensdag getuig dat hy aan ‘n internet-kinderpornografiegroep behoort het wat foto’s en videogrepe gedeel het. Daar was geen finansiële vergoeding betrokke nie.

Die man se twee dogters, ses en sewe jaar oud ten tye van die beweerde misdrywe, word in die meeste van die pornografie-aanklagte genoem. Sy buurman se dogtertjie, asook ander kinders, verskyn in die foto’s. Die beskuldigde het voor Regter Jake Moloi getuig dat hy die meeste van die foto’s geneem het terwyl die kinders geslaap het. Hy het ook getuig dat niks geforseer was nie en dat hy en die kinders net gespeel het met mekaar vir die doel om foto’s te neem. Hy het aan die hof herken dat hy vroeg deurmekaar geraak het met die verkeerde mense en dat hy berou het oor wat hy gedoen het. Die hof het die saak uitgestel tot Maandag om die Staat en die verdediging kans te gee om hul finale betoë in te dien. – André Grobler