Groot opwinding heers in Bloemfontein vir sangkompetisie

0
401
Foto: Mark Steenbok
Groot opwinding heers vandag by Central Media Park met die oudisies wat vir die tweede seisoen van the The Voice SA afgelê word.

Verskeie deelnemers het reeds vroeg vanoggend die koue trotseer en in lyne gestaan om oudisies te kom aflê.

Courant se Mark Steenbok het met aspirant-sangers gesels oor wat hulle dink hul kanse is om vandag sukses te behaal.

Oudisies is ook vroeër vandeesweek in Potchefstroom en Upington gehou. The Voice SA sal in Januarie 2017 vir ’n tweede seisoen op TV-skerms te sien wees.

-Mark Steenbok